Bedrieglike e-pos

Share on facebook
Share on twitter
Share on linkedin
Share on whatsapp

E-posbedrog is die handeling om die ware identiteit van ‘n afsender te verbloem om jou te laat dink dat dit iemand is wat jy ken.Misdadigers onderskep e-pos en verander die bankbesonderhede op dokumente en in e-pos na hul eie besonderhede. Hulle gebruik bedrogtegnologie om die indruk te skep dat dit van die korrekte e-posadres kom. Ontvangers betaal omdat hulle dink die e-pos kom van ‘n wettige bron af, terwyl die geld in werklikheid in die bedrieër se rekening inbetaal word.

Belangrike stapsgewyse riglyne om te volg wanneer bankbesonderhede ontvang of gestuur word:

• Bankbesonderhede wat verskaf word, moet gestaaf word deur ‘n gekanselleerde tjek, bankstaat nie ouer as 3 maande nie of ‘n gestempelde bevestigingsbrief van die bank.

• Bankdokumentasie moet ook nagegaan word vir akkuraatheid en volledigheid. Enige verskille wat geïdentifiseer word, bv. Teenstrydige fontstyle, kleur en grootte, ens., moet benavraag word.

• Bevestig altyd telefonies die bankbesonderhede (gebruik die kontakbesonderhede op jou rekords) voordat jy voortgaan. Dit is ‘n kritieke stap.

• Moenie sleutelwoorde soos bank, bankstate, bankbesonderhede, verliesooreenkoms, ens. in die onderwerpreël op die e-pos gebruik nie. Ons raai jou sterk aan om jou sekuriteitstelsel op te gradeer om te verhoed dat jou e-posstelsel binnegedring word. Santam se bankbesonderhede het NIE verander nie. Indien jy enige kommunikasie ontvang wat anders aandui, tree asseblief onmiddellik met ons in verbinding.

MVL Makelaars 051 436 8060